Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Beautiful iin Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL
" Beautiful iin Beaufort-Wes " deur GERT VLOK NEL [boodskap #61244] So, 28 April 2002 20:25
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Beautiful in Beaufort-Wes
Gert Vlok Nel

En jy was beautiful in Beaufort-Wes
en ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou
en jy het op grafte en op treine
en op Ford Fairlaine se agterseats gevry
en nou is jy en jou man both computer analysts
en laas winter you tried to slit your wrists
en nou kan jy nie meer slaap nie,
nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie,
nooit ooit weer vir my soen nie

En mooi mooi mooi was jou woorde ook
terwyl jy menthol sigarette rook
en daai sweet sweet dinge vir my sê
terwyl jy sweet sweet in my arms lê
en die presiese woorde het ek presies vergeet
ek onthou net die rook en die sweet in Beaufort-Wes
en jou kaal liggaam onder 'n cool summer cotton dress
nie meer slaap nie, nie meer lag nie
nie meer iets vir mekaar doen nie
nooit ooit weer vir mekaar soen nie

En dis miskien soos 'n storie uit die huisgenoot,
maar jy't een aand skielik vir my weggestoot
en in die rear view mirror jou gesig gekyk
en gesê "miskien moet ek gelukkiger lyk"
daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
en het gevoel hoe my hart losruk uit my lyf
en soos 'n roeiboot in die rivier afdryf
ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer iets ooit reg doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie

En die laaste herinnering waaroor ek sing
is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan in die nag in ry
tot anderkant die ding dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
en dit was my wake-up call my lief
jy't gesê wees asseblief lief vir my
maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
en ek kon nie meer slaap nie, nie meer lag nie,
nie meer so iets doen nie,
nooit ooit weer vir jou soen nie
Vorige onderwerp: " Wie sal die blom pluk " deur BOERNEEF
Volgende onderwerp: " Vroegherfs " deur N.P. van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 04:40:20 MGT 2024